Moord in’ie Woord

Daar’s moord in’ie woord
Morele is oorboord
Vräe spruit gedurig voort
Oor gebeure in’ie appelboord

Eva lei daaronder
Want ʼn slang kan apparently praat
Hoe de f*k is dit toegelaat
Nou is die Here apparently kwaad

Daar word hulle weg gesmuit
Paradys gooi die paartjie uit
Speletjies in’ie koninkryk
Sensuur is
Die bestuurs praktyk

Maak hulle vrek
Soos Noäg
Want die spul is nou
Buite beheer
Geen vervaardigersgebrek nie
Niks skuld by
Die Alomwetend se deur

Mans sukkel maar
Met vrouens
Hormone trek fokus
Na rondings van lyf
Ongemaklik en skaam
Terug getrok en betaam
In broeke word luislangkies styf

Dis tog maklik om liewers
Ongemaklikheid te verplaas
En ons vrouens
Te laat verskaam
Hulle moet hulsef
Heeltyd beskerm
Meantime gee boeke
Vir Eva die blaam

Dis ʼn siek ou spul
Vir lui seuns
Wat versoeking
Nie kan omgaan
Ai tog
Die arme goed se ou boeke
Sal hulle nooit help bring tot verstaan

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top