Alternatiewe Roete

Hier sit ek al weer
Op die snelweg gekeer
Met kos nog steeds nie verteer
Want ek’s te hoogs die moer in

Dis half nege meneer
Wat sal ek tog nog nie gee
Vir oorgehaalde geweer
Vir daai verdomde taxi

Is daar ʼn heenkoms
O vertel vir my
Van ʼn plek van ontsnap
ʼn Plek van vrye voete
Op hierdie pad van kwaad en skel is daar
Is daar
ʼn Alternatiewe roete

Ja mevroutjie dis ekke
Kyk hoe lag ek te lekker
Lipstick smeer op jou bekke
Kan jy nie sien dis groen nie

Jong laaitjie jy’s mal
In die sloot
Teen die wal
Word jy dalk nog ʼn getal
Jy’s in en uit soos ʼn Yo-yo

Is daar ʼn heenkoms
O vertel vir my
Van ʼn plek van ontsnap
ʼn Plek van vrye voete
Op hierdie pad van kwaad en skel is daar
Is daar
ʼn Alternatiewe roete

O die smart van die siel
Die stink reuk van diesel
Daar gaan die prys van petrol
Vir wie’s die golden handshake

En in die venster langs my
Sien ek vinnig hoe hy
Alweer daar met haar baklei
En vir haar word ek nog liewer
Vir haar word ek nog liewer

Is daar ʼn heenkoms
O vertel vir my
Van ʼn plek van ontsnap
ʼn Plek van vrye voete
Op hierdie pad van kwaad en skel is daar
Is daar
ʼn Alternatiewe roete

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top