Ouetehuis Jol

Daar’s ʼn vreeslike ding
In die Ouete Huis
Ballies rol joints
Maar die pille’s innie kluis
Tannie soek ʼn sakkie suiker
Maar die nurses is te wys
Oom Dup se TV
Is ʼn moerse gedreis

Daar’s ʼn helse remoer
Op die Bejaarde Plaas
Teetyd is verby
Met geen teken van Oom Klaas
Nurses hol rond
En maak ʼn groot geraas
Tannie Koek sit innie hoek
Moerse verbaas

Daar’s ʼn groot lawaai
In die Bejaarde Oord
Tannie Dot sien ʼn rot
En skreeu blou moord
Oom Ben skop af’ie deur
Soos dit hoort
Maar dan bliksem hy neer
Oor haar ketel se koord

Tannie Sue wil’ie move’ie
Ouma Baps voel groovy
Sonskerm is vir UV
Uncle John se “Who, me?”
Sit heel dag en kyk TV
Kan ontspan want dis chill hier
Lig op daai hande
Vir die Ouetehuis!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top