My ou groot maat
Met jou lang
Slap
Lyf
En jou ewige goeie humorsin
En jou onbreekbare positiwiteit
Jy het in donker maande geleef
Wat donker jare geword het
Terwyl die donkerte jou van alle kante
Probeer oorrompel het
Maar daai donker kombers
Was te kort vir jou
Alles was te kort vir jou
Soos die klein bakkies
Waarin jy jouself moes invou
My maaitjie
Jy het diep spore
In baise mense se harte getrap
Mense wat kon opkyk na ʼn man
Wie homself kon onderdaan
In diens vir sy familie en werkspan
En daar waar jy nou gaan
Is daar dalk
Uiteindelik verstaan
Of net sagte rus
Terwyl stof vergaan
Vaar wel
My ou groot maat
Vaar wel
En dankie
Vir wie jy was
