Deana Deana
Nou waa’s jou ma?
Deana Deana
Vra die meneer v’ haar
Deana Deana
Voel sommer naar
Want Deana Deana
Kan in sy oë ʼn ding gewaar
Deana Deana
Sê nou vir my
Deana Deana
Wie vleg jou hare so mooi in ʼn ry?
Deana Deana
G’n mens kyk tog verby
Deana Deana
ʼn mooi jong vrou so trots en bevry?
Deana Deana
Se hart begin erg klop
Deana Deana
Meneer kom nader
Hou haar fyn dop
Deana Deana
Dink aan een erger skop
Deana Deana
Lat die agter deur haar nie sal stop
Deana Deana
Ons dra hier swart en grys
Deana Deana
In die Kaap mot reen se sagste gesuis
Deana Deana
Langs Maitland se besige gedruis
Deana Deana
Plant ons vir jou ʼn eenvoudige hout kruis
