Hadeda skreeu
ʼn Trans-voëltjie sing
“Piet-my-vrou”
Lat die dag begin
Stof en rots
Is ʼn planeet se herwin
Ondergrond se lava
Waar die proses begin
Meanwhile
Op ʼn buld
Ander kant die stroom
Is skapies aan die blerrr
Terwyl uile droom
Hoephoep se geroep
Beeste loop en poep
Apparently is ons gef*k
Oor die metaan in hulle boep
Krieke kriek
Voëltjies Voël
Spinnekop seil verby
Sonder haar viool
Politiek is
ʼn Blerts vol riool
Een blink drol
Na die ander
Op geregtigheid se stoel
In die verte
Raas ʼn bakkie verby
Piet-my-vrou sing nog
Vir hy en hy
ʼn miljoen ander voël stemmetjies
Wat ek nie kan onderskry
Hier op my oggend stoep
Met vars koffie by my sy
