Yes and no
Bieg die vrou vir die man
Yes and no
Spreek die regter
Die grondeisers se regsbank aan
Yes and no
Probeer ʼn moeg ma haar tiener dogter
Te beskerm en vermaan
Yes and no
Staan engel met traan in oog en wag
Om hulle by te staan
Yes and no
Kom nuwe ekonomiese realiteite
Onder donker wolke aan?
Yes and no
Lieg ʼn oorbetaalde afrigter
Vir ʼn oorbetaalde span
Yes and no
Hallusineer syntetiese intelligensies
Geskep deur syntetiese intelligensies
Aan en aan
Yes and no
Op ons plat aarde
Was ons mos nooit op die maan
